Schade – dieser Artikel ist leider ausverkauft. Sobald wir wissen, ob und wann der Artikel wieder verfügbar ist, informieren wir Sie an dieser Stelle.
  • Format: ePub

Nuwe horisonne wink om elke draai wanneer die gewilde misdaadskrywer Deon Meyer en die fotograaf Adriaan Oosthuizen die land se mooiste grondpaaie begin verken. Hulle vertel van die interessante karakters langs die pad en die uitdagings wat hulle moes trotseer in hul soeke na avontuur en asemrowende landskapstonele.
Hul gunstelingroetes strek oor feitlik die hele Suid-Afrika en is gerig op sowel ervare as aspirantgrondpadryers. Die roetebeskrywings lees soos reisverhale en elkeen bied iets nuuts om te ontdek: 'n dramatiese pas, kronkelende riviere, pragtige ou plaasgeboue of 'n afgeleë stuk
…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 43.55MB
Andere Kunden interessierten sich auch für
Produktbeschreibung
Nuwe horisonne wink om elke draai wanneer die gewilde misdaadskrywer Deon Meyer en die fotograaf Adriaan Oosthuizen die land se mooiste grondpaaie begin verken. Hulle vertel van die interessante karakters langs die pad en die uitdagings wat hulle moes trotseer in hul soeke na avontuur en asemrowende landskapstonele.

Hul gunstelingroetes strek oor feitlik die hele Suid-Afrika en is gerig op sowel ervare as aspirantgrondpadryers. Die roetebeskrywings lees soos reisverhale en elkeen bied iets nuuts om te ontdek: 'n dramatiese pas, kronkelende riviere, pragtige ou plaasgeboue of 'n afgeleë stuk Karoo-pad.

Die boek bevat ook 'n rygids wat die teorie agter avontuurtoer op grondpaaie verduidelik. Dit verskaf handige wenke, onder meer hoe om regop te bly op 'n sanderige pad, hoe om veilig deur slote en stroompies te kom, hoe om 'n noodstop te doen en hoe om ongelukke te vermy.

- Meer as 30 roetes word beskryf en gegradeer

- Aangrypende landskapsfotografie

- Kleurvolle kaarte illustreer elke roete

- Gids met praktiese wenke vir grondpadry


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Deon Meyer is die skrywer van topverkopers soos 7 Dae, 13 Uur, Orion en Proteus. Hy is al talle kere plaaslik en oorsee bekroon vir sy spannende misdaadfiksie. Deon is ook 'n kranige motorfietsryer wat voorheen bestuurder van spesiale projekte van BMW se motorfiets-afdeling was.