13,49 €
13,49 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
0 °P sammeln
13,49 €
13,49 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
0 °P sammeln
Als Download kaufen
13,49 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
0 °P sammeln
Jetzt verschenken
13,49 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
0 °P sammeln
  • Format: ePub

Wie vandag se ANC, sy beleid en regeerstyl wil verstaan, moet feitlik 'n eeu terug begin delf. 'n Deel van die antwoord lê in sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die invloed van die kommunisme, asook die ANC/SAKP se optrede in ballingskap, skryf die politieke kommentator en historikus Leopold Scholtz.
In Terreur en bevryding toon hy aan hoe die SAKP reeds in 1928 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer. Die doel was om mettertyd die partyleiding oor te neem as deel van 'n beoogde revolusie in twee fases: 'n nasionaal demokratiese revolusie
…mehr

  • Geräte: eReader
  • ohne Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.62MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
Wie vandag se ANC, sy beleid en regeerstyl wil verstaan, moet feitlik 'n eeu terug begin delf. 'n Deel van die antwoord lê in sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die invloed van die kommunisme, asook die ANC/SAKP se optrede in ballingskap, skryf die politieke kommentator en historikus Leopold Scholtz.

In Terreur en bevryding toon hy aan hoe die SAKP reeds in 1928 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer. Die doel was om mettertyd die partyleiding oor te neem as deel van 'n beoogde revolusie in twee fases: 'n nasionaal demokratiese revolusie - 'n konsep wat steeds deel is van ANC-beleid - gevolg deur 'n Marxisties-Leninistiese "diktatuur van die proletariaat". Volgens Scholtz sou dit 'n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring.

Dit was ook die SAKP wat die dryfveer agter die gewapende stryd was.

Scholtz plaas die kollig op die dodelike kombinasie van erge interne intoleransie en onbekwaamheid binne die ANC/SAKP in ballingskap, die korrupsie deur 'n deel van die leierskorps en die ernstige menseregtevergrype in die ANC se buitelandse kampe. Hy voer aan dat dit wat tans in Suid-Afrika op al drie regeringsvlakke gebeur 'n voortsetting is van 'n kultuur wat al tydens die alliansie se jare in ballingskap gevestig is.


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
DR. LEOPOLD SCHOLTZ is 'n oudjoernalis en die skrywer van nege boeke, waaronder die gewilde Ratels aan die Lomba, Die SAW in die Grensoorlog en Die SAW en Cuito Cuanavale. Hy was tot 2007 adjunkredakteur van Die Burger en het daarna Media24 se Europese kantoor beman. Hy het in 2013 afgetree, maar skryf steeds gereeld analises oor die internasionale politiek en aktuele sake. Hy is tans 'n navorsings-genoot aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.