Schade – dieser Artikel ist leider ausverkauft. Sobald wir wissen, ob und wann der Artikel wieder verfügbar ist, informieren wir Sie an dieser Stelle.
  • Format: ePub

Karolina Ferreira gaan na die Vrystaatste dorp Voorspoed om in die omgewing navorsing oor motte te doen. Op pad laai sy 'n onbekende man op en laat haar handpalm lees deur 'n vrou in 'n karavaan.
Aanvanklik bly sy in die dorp se hotel. Hier speel sy saans snoeker, dans oor die naweek met en ontmoet 'n verskeidenheid mense. Onder andere Pol, die enigmatiese prokureur, die geteisterde boer Tonnie de Melck, die driftige luitenant Kieliemann, en ander lede van die plaaslike polisie. Sy word gekonfronteer met geweldpleging in die swart woonbuurt. Die rassegeweld is egter nie die enigste geweld…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.51MB
Produktbeschreibung
Karolina Ferreira gaan na die Vrystaatste dorp Voorspoed om in die omgewing navorsing oor motte te doen. Op pad laai sy 'n onbekende man op en laat haar handpalm lees deur 'n vrou in 'n karavaan.

Aanvanklik bly sy in die dorp se hotel. Hier speel sy saans snoeker, dans oor die naweek met en ontmoet 'n verskeidenheid mense. Onder andere Pol, die enigmatiese prokureur, die geteisterde boer Tonnie de Melck, die driftige luitenant Kieliemann, en ander lede van die plaaslike polisie. Sy word gekonfronteer met geweldpleging in die swart woonbuurt. Die rassegeweld is egter nie die enigste geweld in die boek nie.

Ondanks haar voornemens word Karolina - soos die minnaars wat sy die eerste keer op 'n bankie in die begraafplaas sien en oor wie sy wonder - ook meegevoer deur die liefde.

Geweld en liefde, die openbare en die intens private, word in hierdie roman op 'n indrukwekkende wyse ineengevleg.


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Ingrid Winterbach (Lettie Viljoen) is 'n veel-bekroonde skrywer, o.a.: Karolina Ferreira: M-Net; Niggie: Hertzogprys; Die boek van toeval en toeverlaat: M-Net-prys, W.A. Hofmeyr-prys, UJ-prys; Die benederyk: M-Net-prys. Winterbach is die enigste skrywer wat die M-Net prys reeds drie keer verower het. Niggie en Die boek van toeval en toeverlaat is ook in Nederlands uitgegee. Die Engelse uitgawes van albei hierdie romans (To hell with Cronjé en The Book of Happenstance) is ook in die VSA gepubliseer. Haar jongste roman, Die aanspraak van lewende wesens, was die wenner van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2012, en is ook in 2013 bekroon met die volgende pryse: Hertzogprys vir Prosa en die WA Hofmeyr-prys. Ingrid Winterbach is ook beeldende kunstenaar. Sy woon met haar man in die Stellenbosch-omgewing. Sy het twee dogters.