6,99 €
6,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
3 °P sammeln
6,99 €
6,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
3 °P sammeln
Als Download kaufen
6,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
3 °P sammeln
Jetzt verschenken
6,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
3 °P sammeln
  • Format: ePub

In hierdie boek loop die ondersoekende joernalis De Wet Potgieter terug op die spore van 'n klomp geweldenaars in ons land se geskiedenis. Dié geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe millennium gepleeg is, wissel van fanatiese verregses wat onskuldige medeburgers koelbloedig afmaai, tot geweldenaars wat hoëprofiel-staatsmoorde gepleeg het. Hy neem die leser tot agter die skerms van die mees omstrede voorvalle in ons land. Met sy onverskrokke skryfstyl trek Potgieter jou midde-in die sake in. In Grusaam deel hy inligting wat nog nie voorheen openbaar gemaak is nie. Wat het…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 6.16MB
Produktbeschreibung
In hierdie boek loop die ondersoekende joernalis De Wet Potgieter terug op die spore van 'n klomp geweldenaars in ons land se geskiedenis. Dié geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe millennium gepleeg is, wissel van fanatiese verregses wat onskuldige medeburgers koelbloedig afmaai, tot geweldenaars wat hoëprofiel-staatsmoorde gepleeg het. Hy neem die leser tot agter die skerms van die mees omstrede voorvalle in ons land. Met sy onverskrokke skryfstyl trek Potgieter jou midde-in die sake in. In Grusaam deel hy inligting wat nog nie voorheen openbaar gemaak is nie. Wat het werklik die nag van 17 Junie 1992 in Boipatong gebeur? Wat was die dryfkrag agter die gru-aanval op Alison Botha? Wat het van die doodgewone polisieman André Stander 'n gewetenlose bankrower gemaak? Wie het eerste die verband tussen Gert van Rooyen se slagoffers en 'n moontlike mensehandelsaak raakgesien? Potgieter vertel hoe hy as joernalis te werk gegaan het om verslag te doen oor elk van dié interessante, grusame sake. Hierdie boek neem jou terug na die bloedige koerantopskrifte van gister.

Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
De Wet Potgieter se produktiewe en soms omstrede loopbaan as joernalis skop in 1975, kort voor die Soweto-opstande en Suid-Afrika se inval in Angola, af. Hy werk aanvanklik as militêre korrespondent en misdaadverslaggewer vir verskeie koerante. In 1988 word hy as ondersoekende joernalis by die Sunday Times aangestel. Dié pos beklee hy vir sewe jaar en van daar skuif hy na Rapport, waar hy 11 jaar lank gereeld voorbladstories lewer. Uit sy pen het daar'n hele paar opspraakwekkende boeke verskyn waarin hy feite, vreemder as fiksie, openbaar, onder andere Contraband, South Africa and the International trade in Ivory and Rhino Horn, Totale Aanslag: Apartheid se vuil truuks onthul, Kwart voor 'n bloedbad en Black Widow White Widow. In laasgenoemde lig hy die sluier oor Al-Kaïda se bedrywighede in Suid-Afrika. Hy is ook deurgaans besig met uitgebreide ondersoeke na internasionale misdaadsindikate. Potgieter woon in Centurion en na meer as 40 jaar is hy steeds ywerig aan die skryf.