Schade – dieser Artikel ist leider ausverkauft. Sobald wir wissen, ob und wann der Artikel wieder verfügbar ist, informieren wir Sie an dieser Stelle.
  • Format: PDF

Die Groot Drie bied 'n sonderlinge blik op die opkoms, hoogbloei en uiteindelike ondergang van Afrikaner-nasionalisme vanuit die perspektief van drie wêreldklas-satirici: D.C. Boonzaier, T.O. Honiball en Fred Mouton. Die Burger is in 1915 in die lewe geroep om as mondstuk te dien vir Afrikaners wat aan die begin van die 20ste eeu op hul knieë gedwing is deur die Anglo-Boereoorlog, verstedeliking en grootskaalse armoede. In die eerste honderd jaar van die koerant se bestaan het net dié drie kunstenaars diens gedoen as spotprenttekenaars. Boonzaier het skerp en raak aanvalle op opponente van die…mehr

Produktbeschreibung
Die Groot Drie bied 'n sonderlinge blik op die opkoms, hoogbloei en uiteindelike ondergang van Afrikaner-nasionalisme vanuit die perspektief van drie wêreldklas-satirici: D.C. Boonzaier, T.O. Honiball en Fred Mouton. Die Burger is in 1915 in die lewe geroep om as mondstuk te dien vir Afrikaners wat aan die begin van die 20ste eeu op hul knieë gedwing is deur die Anglo-Boereoorlog, verstedeliking en grootskaalse armoede. In die eerste honderd jaar van die koerant se bestaan het net dié drie kunstenaars diens gedoen as spotprenttekenaars. Boonzaier het skerp en raak aanvalle op opponente van die Nasionale Party geloods, en die karikatuurkuns ten volle bemeester; die veelsydige Honiball het lesers se empatie gewek met sy speelse styl; en Mouton se uitbeelding van tipies Suid-Afrikaanse tonele het van hom 'n gewilde humorskepper en belangrike meningsvormer gemaak. In hierdie boek gee Francois Verster, Naspers se maatskappy-argivaris, 'n historiese asook onderhoudende oorsig van die bydrae wat elk van dié spotprenttekenaars gelewer het.

Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Francois Verster het in die Bellville-omgewing grootgeword en op Stellenbosch gestudeer, waar hy 'n D Phil in Kultuurgeskiedenis verwerf het. Hy werk vir 17 jaar as staatsargivaris, behaal kwalifikasies in argiefwetenskap en joernalistiek, en skryf rubrieke en resensies sedert hy in 2007 by Naspers as maatskappy-argivaris begin werk het. Hy het ook drie romans en 'n memoir gepubliseer, en nie-fiksiewerke insluitend Van Kaspaas tot Kaas, die lewe en werk van T.O. Honiball (2005). Hy is die outeur van talle artikels oor spotprente en strokieskuns vir beide vakkundige en populêre publikasies.