Rassie Stories oor rugby en die lewe
-
- Hardcover
- Taschenbuch
- eBook ausgewählt
-
Form:Einzelkauf Download
-
Sprache:
-
Verlag:Pan Macmillan South Africa
12,49 €
inkl. gesetzl. MwSt.Beschreibung
Produktdetails
Format
ePUB
Kopierschutz
Ja
Family Sharing
Nein
Text-to-Speech
Ja
Erscheinungsdatum
01.08.2023
Verlag
Pan Macmillan South AfricaSeitenzahl
(Printausgabe)
Dateigröße
611 KB
EAN
9781770108738
Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy hele lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou, op sy kenmerkend openhartige manier, gesels Rassie oor sy lewe vol hoogtepunte en laagtepunte.
Hy onthul hoe ontwrigtend dit was om saam met 'n alkoholis-pa groot te word en gesels oor sy kinderjare op die konserwatiewe dorpie Despatch. Hy kyk terug op 'n uitblinkerloopbaan as speler wie se ingebore rugbyinstink, vermoë om 'n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het. Terwyl sy spanmaats ontspan het, het hy verkies om na ure se videomateriaal te kyk om wenstrategieë uit te werk. Toe hy die geleentheid gebied is om as Springbokkaptein vir sy land uit te draf, het hy dié eer van die hand gewys.
Rassie dink terug aan die tye toe hy 'n belangrike onderdeel van die ratwerk in Nick Mallett se rekordverpletterende Springbokspan van die laat 1990's was. Hy herroep die pyn van die 1999-Wêreldbeker en die besering wat 'n einde aan sy loopbaan as speler beteken het.
Hy bespreek sy revolusionêre afrigtingstegnieke, wat aanvanklik afgelag en toe met ope arms aangegryp is, hoe hy die rugbystrukture by die Stormers die stryd aangesê het en die respek van die Ierse aanhangers by Munster verdien het.
Rassie gesels oor sy grootste bydrae tot Suid-Afrikaanse rugby, die aanstelling van die eerste swart kaptein, Siya Kolisi, sonder 'n groot ophef of omstredenheid, en hoe die onmiddellike sukses van sy onverskrokke planne vir die effektiewe rassetransformasie van die nasionale span gelei het tot die Rugbywêreldbeker-triomf in 2019.
Lesers sal hulle verkneukel aan die agter-die-skerms-inligting oor interaksies, omstredenheid en voorheen onvertelde verhale uit 'n waarlik grensverskuiwende lewe.
Kundinnen und Kunden meinen
Verfassen Sie die erste Bewertung zu diesem Artikel
Helfen Sie anderen Kund*innen durch Ihre Meinung
Kurze Frage zu unserer Seite
Vielen Dank für dein Feedback
Wir nutzen dein Feedback, um unsere Produktseiten zu verbessern. Bitte habe Verständnis, dass wir dir keine Rückmeldung geben können. Falls du Kontakt mit uns aufnehmen möchtest, kannst du dich aber gerne an unseren Kund*innenservice wenden.
zum Kundenservice